ONS GESKIEDENIS

In 1998 het ‘n groep Afrikaanssprekendes die ACK in Auckland gestig. Hulle het gevoel dat hulle hul Christenskap ten beste kan uitleef met geloofsgenote wat hul moedertaal deel.

Die oorspronklike lede het in Suid-Afrika aan verskillende kerkgenootskappe behoort maar deur die Here se genade kon hulle afsien van die verskille wat dikwels skeiding maak tussen Kerke in Suid-Afrika. Deur te konsentreer op die wesentlike van kerkwees kon hulle binne die ACK as ‘n eenheid funksioneer. Die ACK het vinnig gegroei en het nou verskeie Gemeentes in Nieu-Seeland.

Die Auckland Gemeente het in Maart 2007 afgestig van die North Shore gemeente as gevolg van groeiende getalle en ook om ‘n preekpunt te voorsien vir lidmate met ‘n behoefte aan ‘n meer gewyde atmosfeer in die erediens.

Die eredienste in hierdie Gemeente volg die Gereformeerde liturgie en daar word grotendeels uit die Liedboek gesing. Die prediking, volgens die Woord, en ons belydenisskrifte, is die belangrikste en sentrale aspek van die erediens.

Die Gemeente bestaan uit gesinne uit verskillende ouderdomsgroepe. Daar is geloofsonderrig vir kinders op Sondae en sosiale aktiwiteite vir alle ouderdomsgroepe. Almal is betrokke, al is dit net om Sondag eers die stoele uit pak en dan na die diens lekker te gesels oor ‘n koppie tee!